Skip to content

Adjunkminister Singh sê SA is proaktief en brei sy handelsportefeulje uit

# Die Adjunkminister van Bosbou, Visserye en Omgewing, Narend Singh, sê Suid-Afrika is proaktief besig om ‘n sterker landbousektor te bou en werk aan die uitbreiding van sy handelsportefeulje. Hy was gister in Pretoria die spreker by ‘n geleentheid om die 80ste herdenking van Onafhanklikheidsdag van die Sosialistiese Republiek van Viëtnam te vier. Singh het beklemtoon hoe nodig dit is dat Viëtnam en Suid-Afrika konkrete maniere ondersoek om samewerking te versterk, of deur gesamentlike ondernemings, uitruil van kennis of beleidsaanpassings wat voordele vir landsburgers inhou.