# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh, sê die implementering van die Wet op Klimaatsverandering is ‘n beduidende stap in die versterking van Suid-Afrika se reaksie op beide versagting en aanpassing. Die wetgewing is daarop gemik om die land na ‘n lae-koolstof en klimaatsveerkragtige toekoms te lei. Singh sê klimaatsfinansiering moet nooit as liefdadigheid beskou word nie, maar as ‘n instrument van globale geregtigheid en gedeelde verantwoordelikheid. Hy het ontwikkelende lande gevra om die nodige hulpbronne te verseker, ten einde volhoubare ontwikkeling na te streef terwyl hulle aanpas by die uitwerking van klimaatsverandering.
Adjunkminister Singh sê klimaatsfinansiering is instrument van globale geregtigheid en gedeelde verantwoordelikheid