# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh, sê die sperdatum vir die bereiking van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte, en die einde van hierdie kritieke dekade vir klimaatoptrede, is slegs vyf jaar weg. Die wêreld skiet egter ver tekort om die doelwitte te bereik. Suid-Afrika is die week die gasheer van die tweede G20 Omgewings- en Volhoubaarheidswerkgroepvergadering in Mpumalanga. Singh sê daar is ‘n dringende behoefte om klimaatoptrede te versnel, aangesien armoedvlakke vererger en kweekhuisgasvrystellings verlede jaar rekordhoogtes bereik het.
Adjunkminister Singh sê die wêreld is ver van die bereiking van sy teikens vir klimaatoptrede