# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, lei van vandag tot Donderdag Suid-Afrika se water- en sanitasieprogram by die Vierde Internasionale Konferensie oor Ontwikkelingsbefondsing in Sevilla, Spanje. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die konferensie is ‘n hoëvlak-wêreldplatform wat staatshoofde, ontwikkelingsinstellings en die burgerlike samelewing betrek om internasionale befondsingstelsels te hervorm en volhoubare belegging te versnel ter ondersteuning van die 2030 Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte: