Skip to content

Adjunkminister Gina herbevestig regering se verbintenis tot versterking van navorsing oor klimaatsverandering

# Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Nomalungelo Gina, sê wetenskap moet toeganklik wees vir gemeenskappe en in praktiese oplossings omskep word wat klimaatsverandering, voedselsekerheid, landbou, openbare gesondheid en ander maatskaplike uitdagings aanspreek. Die Verenigde Nasies waarsku Suid-Afrika word twee keer vinniger warm as die res van die wêreld, wat lei tot ernstige droogtes, hittegolwe en vloede. Gina sê die bevordering van volhoubaarheid, klimaatsveerkragtigheid en navorsing oor globale verandering in Suid-Afrika is noodsaaklik. Sy het die belangrikheid beklemtoon van beleggings in wetenskap, tegnologie en innovering as sleuteldrywers van volhoubare ontwikkeling en ekonomiese groei.