# Die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo, ontmoet vandag die families van die vermiste joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat Zodwa Mdhluli by die KwaMhlanga-polisiestasie in Mpumalanga. Sy sal vergesel word deur die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola. Die polisie soek steeds na die paartjie wat meer as twee maande gelede laas in Mamelodi, oos van Pretoria, gesien is. Vier verdagtes wat met die saak verbind word is reeds in hegtenis geneem en aangekla van kaping en ontvoering. Een van die verdagtes sal vandag in die hof verskyn.
Adjunk-minister van Polisie ontmoet vandag naasbestaandes van vermiste joernalis en sy lewensmaat