Skip to content

Adjunk-minister Gina beklemtoon Suid-Afrika se rol in internasionale wetenskaplike samewerking

# Die adjunk-minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, doktor Nomalungelo Gina, sê Suid-Afrika is verbind tot die gebruik van wetenskap, tegnologie en innovering om inklusiewe groei te versterk, ontwikkeling te ondersteun en lewensgehalte te verbeter. Sy verteenwoordig die land by UNESCO’s 2026 se wêreldwye konferensie oor die internasionale dekade van wetenskappe en volhoubare ontwikkeling in Parys. Gina sê beleidmaking gegrond op bewyse, internasionale samewerking en bekwame ontwikkeling in praktiese mensgerigte oplossings vir globale uitdagings soos klimaatverandering, voedsel- en waterveiligheid en openbare gesondheid is noodsaaklik.