# Die parlementêre ad hoc-komitee wat die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, gaan ondersoek, vergader vandag om ‘n voorsitter te kies. Mkhwanazi beweer daar is inmenging en korrupsie in die land se strafregstelsel. Van die lede wat in die veelpartykomitee dien, sluit in die ANC-hoofsweep Mdumiseni Ntuli, die EFF-leier Julius Malema, en Glynnis Breytenbach van die DA. Die komitee sal na verwagting teen die einde van Oktober verslag doen aan die Nasionale Vergadering.
Ad hoc-komitee wat Mkhwanazi-bewerings ondersoek kies vandag ‘n voorsitter