# ActionSA het die omstrede Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso, se verbanning uit Suid-Afrika verwelkom. Die pastoor wat verlede maand vrygespreek is op aanklagte insluitend verkragting en mensehandel, is ʼn ongewenste persoon verklaar. Hy mag vir vyf jaar nie na die land terugkeer nie. ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die vyfjaar-verbanning moet tot lewenslank verleng word om seker te maak ʼn buitelandse burger wat weens misdaad gedeporteer word, word nooit weer in Suid-Afrika toegelaat nie:
ActionSA vra lewenslange verbod om te keer dat buitelandse misdadigers terugkeer [KLANK]
ENG HermanonLifetimeBan