# ActionSA verwelkom die 248-duisend nuwe werksgeleenthede tussen Julie en September 2025, soos vervat in Statistieke Suid-Afrika se jongste arbeidsopname. Die woordvoerder van Action SA, Alan Beesley, het egter gewaarsku dat 12-miljoen Suid-Afrikaners werkloos bly, en beskryf die winste eerder as ‘n herstel van vorige verliese as ware vordering. Beesley sê hoewel werkloosheid tot 31,9-persent gedaal het, bly die ekonomie te swak om werkers te absorbeer. Hy het die regering aangespoor om te fokus op volhoubare werkskepping en ekonomiese insluiting.
ActionSA verwelkom nuwe werksgeleenthede, maar waarsku oor voortgesette werkloosheid