# ActionSA in die Oos-Kaap verwelkom die bevindings en stappe wat die Openbare Beskermer, advokaat Kholeka Gcaleka, aangekondig het. Die party sê dit volg ná haar ondersoek na die growwe wanadministrasie en korrupsie toe die Lesseyton-sportveld in die Enoch Mgijima Plaaslike Munisipaliteit gebou is. Luzuko Gedze van ActionSA sê die Openbare Beskermer het bevind ‘n tender van 22,7-miljoen-rand is onreëlmatig toegeken, wat die goedgekeurde begroting met meer as 4-miljoen-rand, sonder goedkeuring van die raad, oorskry het:
ActionSA sê aandag moet gegee word aan Openbare Beskermer-verslag oor Lesseyton-sportveld [KLANK]
ENG LuzekoonPublicProtector