Skip to content

ActionSA gaan voort met burgemeester Moya se toer in Tshwane

# ActionSA sê hulle sal voortgaan met burgemeester Nasiphi Moya se diensleweringstoer reg oor die metro. Voorsitter Michael Beaumont sê al is sy nog net ongeveer 18 maande in die amp, het sy en die koalisieregering reeds ‘n prysenswaardige diensrekord. Hy sê die leiers het reeds met die ommekeer van Tshwane begin en hulle benodig meer tyd om dit af te handel. Beaumont voeg by dat Moya vordering maak met die hernuwing van die stad se varsproduktemark wat al lank probleme ondervind.