# ActionSA gaan ‘n klagte by die Openbare Beskermer indien ná onthullings dat die Nasionale Tesourie versuim het om op te tree oor korrupsiesake wat deur die Spesiale Ondersoekeenheid uitgelig is. Daar is 467 verskaffers en individue wat aanbeveel is vir die swartlys maar slegs een is op die Tesourie se register vir beperkte verskaffers. ActionSA sê dit verteenwoordig sistemiese wanadministrasie, met slegs 44 afleggings uit een-duisend-278 dissiplinêre verwysings. Die party gee Tesourie, die Presidensie en rekenpligtige beamptes die skuld vir die mislukking in gevolgebestuur.
ActionSA gaan klagte by Openbare Beskermer indien oor Tesourie se mislukkings