Skip to content

ActionSA beloof om integriteit van ondersoek oor polisiekommisaris se bewerings te beskerm [KLANK]

# ActionSA sê hy sal die integriteit van die Parlementêre ondersoek beskerm na bewerings wat deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu gemaak is. Die party het kommer uitgespreek oor die aanstelling van ANC-parlementslid, Soviet Lekganyane, as voorsitter van die ad hoc-komitee, en sê die posisie mag nie gevul word deur iemand van die party wat by die bewerings betrokke is nie. Dereleen James van ActionSA sê hulle sal verseker dat die ondersoek onafhanklik en deursigtig uitgevoer word:

ENG JamesOnIntegrity