# Action Society versoek die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, om dringend in te gryp met die moordsyfer in Suid-Afrika wat tans die van sommige oorlogsones oorskry. Die organisasie sê meer as 26-duisend mense is in die afgelope jaar vermoor, in vergelyking met tien-duisend burgerlike sterftes in die oorloggeteisterde Oekraïne. Action Society se woordvoerder Juanita du Preez vra Cachalia om polisiemagte toe te ken aan bekwame plaaslike regerings soos die Wes-Kaap, streng wetstoepassingstandaarde af te dwing en gespesialiseerde misdaadbestrydingseenhede in bekende brandpunte te ontplooi:
Action Society vra waarnemende minister van Polisie se ingryping met moordsyfer in SA [KLANK]
ENG JuanitaOnMurderRate