# Action Society sê vandag se uitspraak van die Randburg-streekhof in die saak teen adjunk-president Paul Mashatile se agt beamptes vir die beskerming van belangrike persone, is ‘n belangrike stap in die rigting van verantwoordbaarheid in wetstoepassing. Slegs een aanklag teen dié sogenaamde blouligmafia is laat vaar. Hulle word daarvan beskuldig word dat hulle motoriste op die N1-snelweg in Johannesburg in Julie 2023 aangeval het. Juanita du Preez van die organisasie vra dat die beamptes geskors word terwyl die saak voortduur:
Action Society verwelkom hofbeslissing in saak teen blouligmafia [KLANK]
ENG JuanitaOnRuling