# Action Society sê die voortdurende uitstel van hofsake weens gebrekkige forensiese, ondersoek-, en vervolgingsvermoë is kommerwekkend. In een geval is Joshlin Marthinus in die Wes-Kaap na bewering deur haar kêrel vermoor. Die saak het op 27 Augustus in Atlantis se Streekhof voorgekom, maar is tot 11 September uitgestel vir ‘n voorverhoorkonferensie. Action Society se woordvoerder, Kaylynn Palm sê die volgehoue vertragings traumatiseer slagoffers van voor af en verswak die publiek se vertroue in die regstelsel:
Action Society glo openbare/privaat-vennootskappe kan geregtigheid vir slagoffers versnel [KLANK]
ENG PalmOnDelayJustice