# Action Society sê hulle sal voortgaan om die saak teen adjunkpresident Paul Mashatile se agt BBP-beskermingsbeamptes te monitor nadat die verhoor tot Februarie volgende jaar uitgestel is. Die beskuldigdes, wat die Blouligmafia genoem word, staan tereg op aanklagte wat verband hou met die aanranding van motoriste op die N1-snelweg in Johannesburg in 2023, ‘n voorval wat wydverspreide openbare verontwaardiging veroorsaak het nadat dit op video vasgelê is. Juanita du Preez van die organisasie sê hulle sal die verrigtinge fyn dophou.
Action Society gaan voort om Blouligmafia-saak te monitor ná uitstel tot Februarie 2027