# Die Action Citizens Forum vra vir nog arrestasies in die Bosasa-korrupsieskandaal, na die inhegtenisneming van die voormalige adjunkminister van Korrektiewe Dienste, Thabang Makwetla. Hy het die week in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie oor ‘n sekuriteitsopgradering van 350-duisend-rand by sy huis deur Bosasa in 2015. Makwetla is op borgtog van tien-duisend-rand vrygelaat. Die forum sê almal wat in die Zondo-verslag betrek word, moet geregtigheid in die gesig staar.
Action Citizens Forum eis meer arrestasies in Bosasa-korrupsiesaak