# Die African Congress for Transformation bepleit strenger wette om verklikkers te beskerm. Dit volg ná ernstige bewerings van korrupsie in die polisiediens. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, het uitlatings gemaak oor inmenging by polisie-ondersoeke. Die ACT eis ‘n onafhanklike ondersoek wat gelei word deur afgetrede regters, en noem ook burgers verdien leiers wat in die belang van geregtigheid optree en nie deelneem aan politieke toesmeerdery nie. Die party se woordvoerder, Mohau Khumalo, sê verklikkers word geteiken en nie beskerm nie en dit bedreig demokrasie.
ACT sê fluitjieblasers moet beskerm word te midde van Mkhwanazi se bewerings