# Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika het ‘n rekord wins van 1,1-miljard-rand aangeteken vir die jaar wat op 31 Maart geeïndig het. Dit is meer as dubbel verlede jaar se wins van vier-honderd-72-miljoen-rand. Met die bekendstelling van ACSA se jaarlikse syfers, het die uitvoerende hoof, Mpumi Mpofu, gesê die goeie inkomstegroei van 13-persent tot 7,9-miljard-rand, gedissiplineerde kostebestuur, en kapitaalbesteding van 861-miljoen-rand bevestig ACSA se verbintenis tot lughawe-infrastruktuur, operasionele uitmuntendheid en die nastreef van ekonomies groei:
ACSA behaal rekord wins van R1,1-miljard vir 2024/25 finansiële jaar [KLANK]
ENG-MpofuOnPerformance