# Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat hy met die gesinsgeweldsaak teen die hoofbestuurder van die Premier Sokkerliga, Andile ‘Ace’ Ncobo, voortgaan ten spyte van die klaer se versoek om die saak terug te trek. Ncobo is gister met ‘n waarskuwing deur die Kempton Park-landdroshof in Ekurhuleni, Gauteng, vrygelaat. Hy word daarvan aangekla dat hy verlede maand sy meisie aangerand het. Die NVG-streekswoordvoerder Phindi Mjonondwane sê die saak is uitgestel tot 7 September vir verdere ondersoek:
Ace Ncobo van die PSL vrygelaat op waarskuwing in gesinsgeweldsaak [KLANK]
ENG MjonondwaneOnAceWarning