# Die ACDP het die steun van G7-leiers by ‘n beraad in Kanada, vir Israel se reg tot selfverdediging, verwelkom. Dit volg na ‘n gesamentlike G7-verklaring wat Israel ondersteun en Iran as ‘n bron van onstabiliteit beskryf. Die party het die regering gekritiseer oor die veroordeling van Israelse aanvalle op Iran se kernaanlegte en dit as skynheilig beskryf. Die leier van die party, Kenneth Meshoe, sê Iran verteenwoordig ‘n daadwerklike bedreiging met sy gebergde voorraad van verrykte uraan, vyandige uitsprake teen Israel en bande met terreurnetwerke.
ACDP verwelkom G7 se steun vir Israel se reg tot selfverdediging