# Die African Christian Democratic Party het sy teleurstelling uitgespreek oor die bevindings van onskuld van Timothy Omotoso sy mede-beskuldigdes in ‘n saak van seksuele aanranding en mensehandel. Die ACDP het die nasionale vervolgingsgesag gekritiseer oor die swak hantering van die saak, veral die onvoldoende kruis-ondervraging van die beskuldigdes. Die party vra dat die NVG die slagoffers en die getuies om verskoning moet vra, en het die regering aangemoedig om die regstelsel en aanklaer-opleiding te verbeter om beter uitslae in toekomstige sake te kry.
ACDP dring aan op verskoning van NVG na onskuldigbevindings in Omotoso-saak