Skip to content

Abahlali baseMjondolo veroordeel doodsdreigemente deur Operasie Dudula-ondersteuners [KLANK]

# Die maatskaplike beweging, Abahlali baseMjondolo het die sluipmoorddreigemente deur Operasie Dudula-ondersteuners veroordeel. Thapelo Mohapi van die beweging sê die dreigemente volg nadat hulle die kantore van die Instituut vir Sosio-ekonomiese Regte in Braamfontein, Johannesburg beskerm het tydens ‘n beplande optog Donderdag deur Operasie Dudula. Hy sê Operasie Dudula het vir ‘n jaar openbare geweld, insluitende moord, uitgevoer. Hy voeg by dat migrante, insluitend babas, onlangs met geweld verhoed is om gesondheidsorg by openbare hospitale ontvang:

ENG ThapeloonOperationDudula