# Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, vra dat meer internasionale druk op Israel geplaas word. Dit volg na twee afsonderlike lugaanvalle op Gaza die naweek waarin 24 mense dood is. Volgens berigte was een op ʼn skool waar ontheemde gesinne gehuisves word. Makgoba sê Israel se aggressie is nou buite verhouding met Hamas se grusame aanval op 7 Oktober 2023. Hy sê diplomasie is ondoeltreffend terwyl Israel dreig om ʼn hele nasie uit te wis.
Aartsbiskop Makgoba vra groter internasionale druk op Israel