Skip to content

Aartsbiskop Makgoba versoek ses-weke ondersoek na leierskapskrisis in polisie

# Die Anglikaanse Aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, versoek ‘n dringende voorlopige ondersoek na die voortslepende krisis in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se leierskap. Hy vra president Cyril Ramaphosa om ‘n paneel met regters, wetstoepassingskundiges en ondersoekers met integriteit aan te stel om die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings van politieke inmenging te beoordeel en dan binne ses weke terugvoer te gee. Makgoba sê die publiek verloor vertroue in die polisie te midde van ernstige bewerings en interne konflik.