# Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, veroordeel die dood van Palestyne by hulpverspreidingspunte in Gaza. Volgens berigte het Israelse soldate die afgelope maande meer as 800 Palestyne by verspreidingspunte doodgeskiet. Die Verenigde Nasies sê die meeste sterftes was naby hulpsentrums wat deur Amerika en die Israels-gesteunde Gaza-humanitêre stigting bestuur word. Makgoba sê dit moet moontlik wees om aan honger mense kos te gee sonder om hulle dood te maak. Hy sê hy ween oor die voortgesette dood van burgerlikes.
Aartsbiskop Makgoba veroordeel sterftes van Palestyne wat vir kos wag