# Die Anglikaanse aartsbiskop, Thabo Makgoba, sê pous Franciskus was die laaste morele stem wat wêreldwyd herken is in hierdie tye van verwarring, en ʼn leier wat duidelik leiding gegee het in ʼn ingewikkelde en gepolariseerde politieke wêreld. Die 88-jarige pous is Maandag dood, ʼn dag nadat hy Paassondag op Sint Petrusplein verskyn het om aanbidders te groet. Makgoba sê die wêreld se armes sal hom veral mis as kampvegter en bewaarder van hul hoop en drome.
Aartsbiskop Makgoba sê pous Franciskus was ’n kampvegter vir armes