# Minstens 16 mense is dood en 65 beseer nadat ‘n aardbewing van 7,0 die Nagqu-streek in die Chinees-beheerde Tibet getref het. Volgens die Chinese staatsnuusagentskap Xinhua het 339 huise ingetuimel en is kragtoevoer grootliks onderbreek. Die Chinese Administrasie vir Aardbewings het die tweede hoogste vlak noodreaksie geaktiveer. Die Amerikaanse Geologiese Opname het intussen sewe skuddings naby die middelpunt geregistreer. China se premier, Li Qiang, het dringende pogings versoek om reddingsoperasies te organiseer.
Aardbewing van 7.0 tref Tibet, 16 dood