Skip to content

Aansoeke oop vir Fase vyf van jeugposte in die onderwyssektor

# Aansoeke vir Fase 5 van die Basiese Onderwys Indiensnemingsinisiatief het amptelik geopen. Jong Suid-Afrikaners van 18- tot 34-jaar-oud word versoek om op die sayouth.mobi-portaal aansoek te doen vir die meer as 204-duisend poste landwyd. Deelnemers kan onderwys- en algemene assistente by skole wees. Die program, ondersteun deur die Presidensiële Indiensneming-stimulus, het ten doel om die jeug toe te rus met noodsaaklike vaardighede. Suksesvolle aansoekers sal vanaf 1 Junie tot 30 November werk.