# Aandele het vandag die hoogte ingeskiet nadat Donald Trump die ingrypende tariewe op Amerikaanse handelsvennote tydelik op ys geplaas het. Selfs Chinese beleggers het hulle nie gesteur aan sy besluit om tariewe op Beijing tot 125-persent te verhoog nie. Die res van die wêreld het ‘n skitterende vertoning op Wallstraat nagevolg nadat die Amerikaanse president gesê het hy sal die maatreëls wat verlede week aangekondig is, vir 90 dae uitstel. China se tariewe van 84-persent op Amerikaanse produkte het vandag in werking getree.
Aandele wêreldwyd skiet die hoogte in nadat Trump 90-dae-pouse op tariewe aankondig, met China uitgesluit