# Die uitvoerende hoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, waarsku swak infrastruktuur en logistieke knelpunte dra regstreeks by tot hoër voedselpryse in die land. Hy sê die Wêreldbank het onlangs gewaarsku Suid-Afrika se tyd om sy infrastruktuurhervormings te vestig is beperk, as die land ekonomiese groei wil versnel en sy mededingendheid wil herstel. Van Zyl sê Suid-Afrika se logistiekekoste as ‘n persentasie van die bruto binnelandse produk word tans geraam op tussen 11- en 12-persent, aansienlik hoër as in baie vergelykbare ontluikende markte.
Everest Wealth waarsku swak infrastruktuur en logistieke knelpunte dra regstreeks by tot hoër voedselpryse