Skip to content

Fitch glo Ramaphosa sal sy pos behou, in weerwil van ampsklagkomitee oor Phala Phala-kwessie

# Die Fitch-graderingsagentskap glo President Cyril Ramaphosa sal sy pos behou, in weerwil van die ampsklagkomitee wat die Parlement verlede maand oor die Phala Phala-kwessie op die been gebring het. Fitch verwag die ANC met 40-persent van die setels in die Parlement sal president bly ondersteun. Die agentskap verwag dat spanning in die ANC en die regering van nasionale eenheid waarskynlik sal toeneem, met die komende plaaslikeregeringsverkiesing in November wat ‘n drukpunt kan wees. Hy verwag egter dat die regering van nasionale eenheid sy volle termyn sal oorleef.