# Die Overstrand-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê baie van die buitelandse burgers wat deur die onlangse onrus in Kleinmond geraak is, is wettig in Suid-Afrika. Ongeveer 100 persone wat ontheem is word tans in die stadsaal gehuisves, terwyl sommige vrywillige repatriasie oorweeg. Wyksraadslid Grant Cohen sê gesinne, insluitend kinders wat plaaslike skole bywoon, is gedwing om skuiling te soek as gevolg van vrees en intimidasie. Cohen het inwoners gewaarsku om nie reg in eie hande te neem nie.
Kusgemeenskappe gespanne te midde van toenemende anti-immigrasie-onrus