Skip to content

Suid-Afrika wil aard van verhouding met Kenia na strategiese vennootskap verander

# Die Presidensie sê die strategiese belangrikheid van bilaterale verhoudings tussen Suid-Afrika en Kenia beklemtoon die regering se doelwit om die aard van die verhouding na ʼn strategiese vennootskap te verander. President Cyril Ramaphosa ontvang vandag Kenia se president, William Samoei Ruto, op ʼn staatsbesoek by die Uniegebou in Pretoria. Kenia is een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote in Afrika, buite die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Die Presidensie sê gesprekke tussen die twee leiers sal bilaterale, multilaterale en ekonomiese kwessies, asook sake van die streek en vasteland insluit.