# Die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge, SKOOR, het besluit om ʼn strafregtelike klag in te dien teen die voormalige hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo. Dit volg op sy versuim om voor die komitee te verskyn nadat hy in November verlede jaar gedagvaar is. Die komitee het Letsoalo se verskyning geëis in verband met wanbestuur, wanadministrasie en finansiële wanbestuur tydens sy termyn by die fonds. Die komiteevoorsitter, Songezo Zibi, sê hy gaan aan die Parlement se sekretaris skryf wat ʼn klag teen Letsoalo sal indien.
SKOOR wil strafregtelike klag indien teen voormalige hoof van Padongelukkefonds, Collins Letsoalo