# Die Vakbond Solidariteit sê die energiereguleerder Nersa se goedkeuring van ‘n spesiale elektrisiteitstarief vir Glencore-Merafe en Samancor ferrochroom-smelters sal korttermynbestendigheid verbeter en help om duisende werksgeleenthede te beskerm. Die vakbond sê die verlaagde kragtarief sal broodnodige verligting bied aan ‘n bedryf wat sukkel met hoë elektrisiteitskoste en wêreldwye mededinging. Cornelius van Leeuwen van Solidariteit waarsku egter die ooreenkoms is slegs ‘n tydelike oplossing en Suid-Afrika het steeds langtermyn-energiehervormings nodig.
Solidariteit verwelkom Nersa-goedkeuring van kragtarief om ferrochroom-werksgeleenthede te beskerm