# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing en Rand Merchant Bank se Sakevertroue-aanwyser het in die tweede kwartaal met agt punte gedaal tot 39. Nuwe voertuighandelaars, groothandelaars, kleinhandelaars en boukontrakteurs het die skerpste dalings aangeteken. Vervaardiging het wel verbetering getoon het, al was dit met net een punt, en dit word steeds onderdruk weens swak aanvraag. RMB se hoofekonoom, Isaah Mhlanga, sê die daling is teleurstellend, maar nie onverwags nie, gegewe die ernstige verswakking in die wêreldwye makro-ekonomiese omgewing, eerder as enige groot tekortkomings in Suid-Afrika se basiese beginsels.
Sakevertroue daal weens stygende brandstofpryse en konflik in die Midde-Ooste