# Die African People’s Convention is bekommerd oor die verpakte goedere-maatskappy Tiger Brands se besluit om sy Beacon-lekkergoed-handelsmerk te verkoop en waarsku dit kan werksgeleenthede en plaaslike vervaardiging bedreig. Woordvoerder Lucas Mphaka sê die verkoop kan ‘n uitwerking hê op fabriekwerkers, verskaffers, vervoeroperateurs en klein ondernemings wat aan die waardeketting verbind is. Hy vra waarborge vir werksekerheid en bepleit deeglike ondersoeke van die regering sowel as arbeids- en mededingingsowerhede:
APC vra ondersoek oor Tiger Brands se verkoop van Beacon-handelsmerk [KLANK]
ENG MphakaOnBeacon