Skip to content

Tiger Brands lewer stewige halfjaar-uitslae maar waarsku oor kostedruk in die makro-ekonomiese omgewing

# Die voedselprodusente-reuse Tiger Brands het sterk finansiële-halfjaar-uitslae aangekondig, aangevuur deur ‘n deurlopende korporatiewe ommeswaai onder uitvoerende hoof, Tjaart Kruger. Die algehele inkomstegroei was 1,3-persent teen 17,9-miljard-rand, hoofsaaklik aangevuur deur volumegroei van 2,6-persent en ‘n prysdaling van 1,3-persent. Tiger Brands oorweeg beperkte en doelgerigte prysverhogings om stygende brandstofkoste en ontwrigtings in internasionale handel te absorbeer. Die groep is ook besig om sy produkreeks te vereenvoudig deur sy Beacon-handelsmerk te verkoop, maar behou hoogs-winsgewende handelsmerke soos TV Bar, Nosh, Wonder Bar, Jelly Tots en Jungle-energiestafies.