# Die ANC-Jeugliga sê hy bring hulde aan die dapper gees van die jongmense van 1976 wat opgestaan het teen onreg en geveg het vir ‘n beter toekoms. Die 50ste herdenking van die Soweto-opstand vind oor twee weke plaas. Duisende studente het destyds betoog teen die Bantoe-onderwysstelsel en die verpligte gebruik van Afrikaans in skole. Die liga se woordvoerder, Sindiswa Scheepers, sê hierdie belangrike mylpaal bied ‘n geleentheid vir Suid-Afrikaners om hulde te bring aan die moedige geslag van 1976 en hul blywende uitwerking op die land se geskiedenis.
ANC-Jeugliga vra Suid-Afrikaners om jeug van 1976 te vereer voor 50ste herdenking [KLANK]
ENG ScheepersONYouthMonth