# Eskom sê hy het die Appèlhof se hofbevel van Maart nagekom en die geskiedkundige primêre energie- en elektrisiteit-voorsieningskontrakte wat in Julie 2022 van krag was, aan AfriForum beskikbaar gestel. Dit sluit kontrakte in wat verband hou met onafhanklike kragverskaffers, steenkoolverkryging, dieselvoorsiening en die uitvoer van elektrisiteit na buurlande. Eskom sê sy kontrak-omgewing ontwikkel steeds deur versterkte bestuur en beheermaatreëls wat operasionele integriteit beskerm en seker maak nasionale verkrygingsraamwerke word nagekom.
Eskom stel geskiedkundige primêre energie- en elektrisiteit-voorsieningskontrakte aan AfriForum beskikbaar