# Die waarnemende Nasionale Kommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n Nasionale Forensiese Taakspan, en Misdaadintelligensie-kundiges, ontplooi om die ontploffings te ondersoek wat verlede week by Woolworths-winkels in Gauteng en die Vrystaat voorgekom het. Die eerste ontploffing het Donderdag by Woolworths, Menlyn Park in Pretoria plaasgevind, en die tweede minder as 24 uur later by die Prellerplein-tak in Bloemfontein. Die polisie sê die ondersoek is tans in ‘n baie vroeë stadium en dit is te vroeg is om die voorvalle as terrorisme te klassifiseer.
Nasionale Forensiese Taakspan ontplooi om Woolworths-ontploffings te ondersoek