# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, sê aandag word geskenk aan hervestigingsplanne vir inwoners van die Plastic View-informele nedersetting ná die jongste brande in die gebied. Sy sê die stad het ‘n perseel in Pretoriuspark geïdentifiseer, maar die teenwoordigheid van talle buitelandse burgers bemoeilik die proses. Moya sê die munisipaliteit werk saam met die Departement van Binnelandse Sake en die polisie om die hervestiging af te handel en immigrasiekwessies aan te pak as deel van breër pogings om die situasie op te los.
Stad Tshwane gaan voort met hervestigingsplanne ná onlangse brand in Plastic View