# Sokker: President Cyril Ramaphosa sê dit was ‘n lang en uitdagende pad om Bafana Bafana se prestasies te verbeter, met die nasionale span wat op pad is na die Wêreldbekertoernooi. Suid-Afrika neem die eerste keer sedert 2010 weer aan die toernooi deel. Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, die beheerliggaam, SAFA, asook ligas, klubs en borge geprys vir hul toewyding om die sport te ontwikkel. Hy sê Suid-Afrikaners sal die span deur die hele toernooi ondersteun.
Sokker: Ramaphosa sê dit was ‘n lang en moeilike pad om Bafana Bafana se prestasies te verbeter