Skip to content

Sasol se Billike Energie-oordragverslag waarsku teen werksrisiko’s

# ‘n Nuwe verslag oor Suid-Afrika se Billike Energie-oordrag waarsku duisende werksgeleenthede wat onregstreeks van Sasol afhanklik is, is in gevaar sonder dringende beplanning. ‘n Chemiese ingenieur Bruce Young sê ongeveer 27-duisend regstreekse en 425-duisend onregstreekse werksgeleenthede maak staat op Sasol se bedrywighede. Verouderende infrastruktuur, dalende steenkoolgehalte, gastekorte en wêreldwye druk om uitstralings te verminder, plaas die maatskappy onder druk en herstrukturering sal waarskynlik in Secunda, Mpumalanga en Sasolburg in die Vrystaat plaasvind. Hy vra die regering, arbeid en sakeondernemings om heropleiding en ekonomiese ondersteuningsplanne te koördineer.