Skip to content

Drie buitelandse burgers in Musina-hof oor dwelmbeslaglegging van R1-miljard by Beitbrug

# Drie buitelandse burgers het in die Musina-landdroshof in Limpopo verskyn en sal in aanhouding bly tot 5 Junie in verband met ‘n dwelmvonds van byna een-miljard-rand by die Beitbrug-grenspos. Die verdagtes, ‘n Malawiese man en vrou en ‘n Zambiese man, is in hegtenis geneem nadat amptenare van die Grensbestuursowerheid ‘n Malawi-geregistreerde vragmotor onderskep het met 28 sakke van ongeveer 713 kilogram, van ‘n middel wat in die produksie van Mandrax gebruik word. Die staat moet nou ‘n Chewa-tolk in die hande kry en ook die beskuldigdes se persoonlike inligting verifieer.