Skip to content

Rand op beste vlak in maande na rentekoersverhoging en berigte van wapenstilstandooreenkoms

# Die rand het vanoggend op sy sterkste vlak sedert vroeg in Maart verhandel. Dit volg nadat die dollar verswak het te midde van berigte dat die VSA en Iran ‘n ooreenkoms bereik het om die wapenstilstand in die Midde-Ooste met nog 60 dae te verleng, en beperkings op verskeping deur die Straat van Hormoes op te hef. Suid-Afrika se monetêre beleidskomitee het gister die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7-persent verhoog, die eerste verhoging sedert 2023. Hoër rentekoerse maak Suid-Afrikaanse bates aantrekliker vir beleggers wat opbrengste soek.