# ‘n Taxi-baas van Mpumalanga, Joe Sibanyoni, en sy drie medebeskuldigdes is borgtog van 70-duisend-rand elk toegestaan in die Landdroshof in Delmas. Die saak is voorheen van die rol geskrap nadat die staatsaanklaer nie in die Landdroshof in Kwaggafontein opgedaag het nie. Sibanyoni, Bafana Sindane, Phillmon Msiza en Daniel Masilela staan tereg op aanklagte van afpersing en geldwassery omdat hulle na bewering tussen 2022 en verlede jaar ‘n sakeman in Nkangala gedwing het om ongeveer 2,2-miljoen-rand se beskermingsgeld te betaal. Die saak is tot 1 September uitgestel.
Joe Sibanyoni en medebeskuldigdes borgtog van R70 000 elk toegestaan